Herhinneringe aan n Vriendskap – Stilet – Prosa na Poesie
(Stilet – Sept 2005 – Stilus)
Herhinneringe aan n Vriendskap (J.C Steyn)
Dankie Jaap dat jy bereid is om dinge bietjie oop te krap: van jou en Poolton toentertyd: van sy kompleksiteit (selfs genialiteit) en die wereldswysheid waarmee hy jou wou beskerm teen moffies; en sy belofte dat alhowel jul bed deel hy hom sou beteuel (jy stel dit nie so, dog ek 't ookal die lewe ervaar: en wys geraak om die wit tussen poesielyne te lees) * die dramatiese lyn in jou narratief is goed: sy stap op die plaas met die .22-geweer... daarom \t dit my verbaas dat jy in die slot dit kon stel dat die skoot deur sy long ongeluk was -jy se Dave was sy woonstelmaat: "ouer as die gemiddelde student:' van jou onthou ek nie Tuistein eie Taal, en "Die grammatika van lief he? Dalk't ek hiermee, prof, genoef, en te veel gese.
Kopiereg: H Le Roux Slabbert –
10 April 2012 (20:45) (Skryftafel, Klerksdorp)
Stuur gerus die skakel na hierdie gedigte https://klerksdorppoems.wordpress.com aan na n vriend