Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Archive for the tag “gedigte”

Herhinneringe aan n Vriendskap – Stilet – Prosa na Poesie

(Stilet – Sept 2005 – Stilus)

Herhinneringe aan n Vriendskap (J.C Steyn)

Dankie Jaap
dat jy bereid is
om dinge bietjie oop te krap:
van jou en Poolton

toentertyd:
van sy kompleksiteit
(selfs genialiteit)
en die wereldswysheid
waarmee hy jou
wou beskerm teen moffies;

en sy belofte 
dat alhowel jul bed deel
hy hom sou beteuel
(jy stel dit nie so,
dog ek 't ookal die lewe 
ervaar: en wys geraak
om die wit
tussen poesielyne te lees)
           *
die dramatiese lyn
in jou narratief is goed:
sy stap op die plaas
met die .22-geweer...
daarom \t dit my verbaas
dat jy in die slot
dit kon stel
dat die skoot deur sy long
ongeluk was
-jy se Dave was sy
woonstelmaat:

"ouer as die gemiddelde student:'
van jou onthou ek nie
Tuistein eie Taal,
en "Die grammatika van lief he?
Dalk't ek hiermee, prof,
            genoef, en te veel gese.

Kopiereg: H Le Roux Slabbert

10 April 2012 (20:45) (Skryftafel, Klerksdorp)

Stuur gerus die skakel na hierdie gedigte https://klerksdorppoems.wordpress.com aan na n vriend

Gedig: Die Digter Ontboesem

Gedig Titel: Die Digter ontboesem

What is a Home Without a Poem?

U wonder seker hoekom 'k verse skryf
-dit kan tog nie wees 'n lonend' bedryf?
want duisend ander 't tog die woord benader,
en hul s'n boeke 't net stof vergader...

En Boonop ding die digbedryf mee
met daagliks koerante wat net sensasie gee,
en word radiogolwe 24-uur volgeprop
met uitsaaiers wat leegmaak - hul hoenderkrop;

ook't die wereld vol spesialiste geraak
wat dit hul plig ag, ook lonende taak,
om slagoffers van daad (en raad) te bedien,
en kan mens op Facebook soveel vrien-
de maak dat jy tot in middernagtelike ure
met hul kan skinder (veral or die bure).

Maar as 'l die resep volg van Outboet Chaucer
lyken dit my mense stel belang in "worser"
en hoe meer sleg ju oor jouself kwytraak,
des te meer jy hulle harte ble maak.
Nou as digter kan ek tog seker nie skuif

dat ek as kleuter ink gemor't op my lyf
wat hoewel dit my Mamma't onstel,
ruik dit nie na sonder, of die hel;

dus moet 'k oor viesliker sonder bieg,
soos dat ek op laerskool het gelieg
toe 'k gese 't el moe van Elvis hou -
en dat Pot Boone gesing 't soos n vrou;
en dat' k ook op hoerskool sonde doen,
en in matriek n meisie soen,
en so stout was dat my piep verstyf
toe ek diep inasem haar sondeloos lyf.

Ek verhaal: Ek het n vieslik lewe gely
deur self op uni-vers-iteit te vry
geweet toe ek Elsa se boude vat
dit was n fok-n fout, gat-op-gat...

dog steeds weet 'k nie was n Aflaat -
kramer, net: 'k 't haar in die steek gelaat:
en die beibie moes sy aleen grootmaak
want 'k 't aan vers-konings vers-laaf geraak

Copyright: H Le Roux Slabbert
2 April 2012 (01:05 na middernag) (bed) 
PRETORIA 
Suid Afrika
Afrikaanse Gedig: Die digter ontboesem

Afrikaanse Gedig: Die Digter Ontboesem

Gedig: Ek Wil nie meer

Afrikaanse Gedig “Ek Wil nie meer” (vir Stefanie,1967)

Gedagtig aan jonker: ek wil nie meer besoek ontvang

1)Ek wil nie meer
swartmense op tv sien;
ek wil nie meer 
gekleurde balle sien

5) wat die LOTTO wen;
buurvroue moet uit my pad
-en liefs uit die straat!
(tussen ons kan nie wees
dik genoeg doringdraad)

10) Ek wil nie sien 
hoe n kerel op n "baaik"
dit-oorkant "park"
en dogter swanger raak

my oog moet nie
15) die beeld opvang
in n koerant (Beeld)
waar n Man hom ophang;
en op n anner blaai 
waar hul soek na die naai-

20)en wat kinders verkrag
terwyl mammies steeds wag
op die onskuldige bloedjies
na ses-uur (hul's pragtig!) -suutjies
wil ek in my spoor trap

25) en nie agter aan al die maltrap
politici wat die tsotsi-dans doen;
ek glo nog daaraan
       dat jy self jou skoene
moet politier, hondestront afkrap

30) moet nie meer,Heer
dat jy moet draai: die ander wang
en:
ek wil nie meer, nooit weer,
NIE EEN KEER WEER besoek ontvang
35) (nie soos jy, INgrid, digterkind - 
is ek bang vir doodgaan)

Kopiereg: H Le Roux Slabbert
Do 29 Maart 2012 (20:30) (Bed)
Klerksdorp
Suid-Afrika

Afrikaanse Gedig: Ek Wil nie meer

Afrikaanse Gedig: Ek Wil nie meer - H Le Roux Slabbert

I’m coming Home Baby – liedjie oor die radio

Vir A. Small wat 75 is – en sy Kanna, wat “byriehysis”

Afrikaanse Gedig "Im coming Home" deur H Le Roux Slabbert

Afrikaanse Gedig "Im coming Home" deur H Le Roux Slabbert

Kopiereg: H.LeRoux Slabbert – You are allowed to share this Poem as long as the Attribution to the Author is included

Kerskaarte

Altijd’t leege hart, Altijd (Quote: J.C Bloem – 1931)

Afrikaanse Gedig Kerskaarte deur Henk Le Roux Slabbert

1 dis alweer

desember –

en tyd vir oeroue-gebruik:

die herdenking

5 dat God in Jesus sy reik

na ‘mens-in-verlorenheid’

…met die teologie

stem ek nie altyd saam

-dog dis veronderstel

10 dat eensaamheid opgehef word

deur Immanuel

maar oor die radio

is daar soveel wat vertel

van n eggenoot weggeval,

15 of n ongeneeslik kwaal –

of selfs n hond wat nie meer is,

en die verskriklike gemis

die jaar

het ek net vyf kaarte uitgestuur

20 (ook nie, soos in verlede, aan buur –

mense een in posbus gaan gooi

dog my posbus

op een uitsondering na, bly leeg:

25 dus’t ek ou kaartjies

gaan opdiep, en uitgepak

op die kaggelrak

en so bietjie warmte gebring;

terwyl die engeltjies

30 op Betlehem’s sneeu-velde

vir die skaapherders sing

‘n o, so vreemde lied sing.

Author: H. LeR. Slabbert 23 Dec. 2012 (17:30) Kombuis, Klerksdorp, RSA (Suid Afrika).

Part of the Afrikaans Poem Collection: Kruisfeed 2011

Post Navigation