Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Kerskaarte

Altijd’t leege hart, Altijd (Quote: J.C Bloem – 1931)

Afrikaanse Gedig Kerskaarte deur Henk Le Roux Slabbert

1 dis alweer

desember –

en tyd vir oeroue-gebruik:

die herdenking

5 dat God in Jesus sy reik

na ‘mens-in-verlorenheid’

…met die teologie

stem ek nie altyd saam

-dog dis veronderstel

10 dat eensaamheid opgehef word

deur Immanuel

maar oor die radio

is daar soveel wat vertel

van n eggenoot weggeval,

15 of n ongeneeslik kwaal –

of selfs n hond wat nie meer is,

en die verskriklike gemis

die jaar

het ek net vyf kaarte uitgestuur

20 (ook nie, soos in verlede, aan buur –

mense een in posbus gaan gooi

dog my posbus

op een uitsondering na, bly leeg:

25 dus’t ek ou kaartjies

gaan opdiep, en uitgepak

op die kaggelrak

en so bietjie warmte gebring;

terwyl die engeltjies

30 op Betlehem’s sneeu-velde

vir die skaapherders sing

‘n o, so vreemde lied sing.

Author: H. LeR. Slabbert 23 Dec. 2012 (17:30) Kombuis, Klerksdorp, RSA (Suid Afrika).

Part of the Afrikaans Poem Collection: Kruisfeed 2011

Single Post Navigation

One thought on “Kerskaarte

  1. Pingback: Kruisfees 2011 bundel « Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

Leave a comment