Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Gedig: Ek Wil nie meer

Afrikaanse Gedig “Ek Wil nie meer” (vir Stefanie,1967)

Gedagtig aan jonker: ek wil nie meer besoek ontvang

1)Ek wil nie meer
swartmense op tv sien;
ek wil nie meer 
gekleurde balle sien

5) wat die LOTTO wen;
buurvroue moet uit my pad
-en liefs uit die straat!
(tussen ons kan nie wees
dik genoeg doringdraad)

10) Ek wil nie sien 
hoe n kerel op n "baaik"
dit-oorkant "park"
en dogter swanger raak

my oog moet nie
15) die beeld opvang
in n koerant (Beeld)
waar n Man hom ophang;
en op n anner blaai 
waar hul soek na die naai-

20)en wat kinders verkrag
terwyl mammies steeds wag
op die onskuldige bloedjies
na ses-uur (hul's pragtig!) -suutjies
wil ek in my spoor trap

25) en nie agter aan al die maltrap
politici wat die tsotsi-dans doen;
ek glo nog daaraan
       dat jy self jou skoene
moet politier, hondestront afkrap

30) moet nie meer,Heer
dat jy moet draai: die ander wang
en:
ek wil nie meer, nooit weer,
NIE EEN KEER WEER besoek ontvang
35) (nie soos jy, INgrid, digterkind - 
is ek bang vir doodgaan)

Kopiereg: H Le Roux Slabbert
Do 29 Maart 2012 (20:30) (Bed)
Klerksdorp
Suid-Afrika

Afrikaanse Gedig: Ek Wil nie meer

Afrikaanse Gedig: Ek Wil nie meer - H Le Roux Slabbert

Single Post Navigation

Leave a comment