Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Herhinneringe aan n Vriendskap – Stilet – Prosa na Poesie

(Stilet – Sept 2005 – Stilus)

Herhinneringe aan n Vriendskap (J.C Steyn)

Dankie Jaap
dat jy bereid is
om dinge bietjie oop te krap:
van jou en Poolton

toentertyd:
van sy kompleksiteit
(selfs genialiteit)
en die wereldswysheid
waarmee hy jou
wou beskerm teen moffies;

en sy belofte 
dat alhowel jul bed deel
hy hom sou beteuel
(jy stel dit nie so,
dog ek 't ookal die lewe 
ervaar: en wys geraak
om die wit
tussen poesielyne te lees)
           *
die dramatiese lyn
in jou narratief is goed:
sy stap op die plaas
met die .22-geweer...
daarom \t dit my verbaas
dat jy in die slot
dit kon stel
dat die skoot deur sy long
ongeluk was
-jy se Dave was sy
woonstelmaat:

"ouer as die gemiddelde student:'
van jou onthou ek nie
Tuistein eie Taal,
en "Die grammatika van lief he?
Dalk't ek hiermee, prof,
            genoef, en te veel gese.

Kopiereg: H Le Roux Slabbert

10 April 2012 (20:45) (Skryftafel, Klerksdorp)

Stuur gerus die skakel na hierdie gedigte https://klerksdorppoems.wordpress.com aan na n vriend

Single Post Navigation

Leave a comment