Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Archive for the category “Poems featuring Religion”

Oordosis Krismis – Kruisfees 2012 digbundel

Oordosis Krismis

1 ‘t Kersdag sielalleen:

my disnis moes luister

na ‘Jingle Bells’ –

4 my children scattered angels

in whose expensive presents

no substitute

7 for absense.

Author: H. LeRoux Slabbert

26 Dec 2011 (6:45) (Bed)

Klerksdorp

South Africa

Afrikaanse Gedig: Oordosis Krismis deur H Le Roux Slabbert

Afrikaanse Gedig: Oordosis Krismis deur H Le Roux Slabbert

Kerskaarte

Altijd’t leege hart, Altijd (Quote: J.C Bloem – 1931)

Afrikaanse Gedig Kerskaarte deur Henk Le Roux Slabbert

1 dis alweer

desember –

en tyd vir oeroue-gebruik:

die herdenking

5 dat God in Jesus sy reik

na ‘mens-in-verlorenheid’

…met die teologie

stem ek nie altyd saam

-dog dis veronderstel

10 dat eensaamheid opgehef word

deur Immanuel

maar oor die radio

is daar soveel wat vertel

van n eggenoot weggeval,

15 of n ongeneeslik kwaal –

of selfs n hond wat nie meer is,

en die verskriklike gemis

die jaar

het ek net vyf kaarte uitgestuur

20 (ook nie, soos in verlede, aan buur –

mense een in posbus gaan gooi

dog my posbus

op een uitsondering na, bly leeg:

25 dus’t ek ou kaartjies

gaan opdiep, en uitgepak

op die kaggelrak

en so bietjie warmte gebring;

terwyl die engeltjies

30 op Betlehem’s sneeu-velde

vir die skaapherders sing

‘n o, so vreemde lied sing.

Author: H. LeR. Slabbert 23 Dec. 2012 (17:30) Kombuis, Klerksdorp, RSA (Suid Afrika).

Part of the Afrikaans Poem Collection: Kruisfeed 2011

Kruisfees 2011 bundel

Image

A Poem a Day

Keeps The Shrink (!)

in Jeffrey’s Bay

1 Kerskaarte

2 “Im comin’ home, Baby’

3 Die Vier Wyses

4 oordosis krismis

5 Maria-huis

6 Kannemeyer opgeskryf

Image

Aan “The Dutch and the Dutchess”

PS 132

Here, dink aand Dawid
aan al sy moeite:
dat hy die gelofte gedoen’t
om vir U n huis te bou
omdat hy U by hom wou hou;

dog omdat hy by U
in onguns verval’t
deur die sond’ met Batseba,
het u die taak aan Sal’mo gegee
-U is God, groot in gena’!

En David her die Here geloof
voor die oe van die vold,
en U het sy oe toegesluit,
en sy lamppit uitgedoof.

En op die dag van Inwyding was gereed: die gerubs;
die koperaltaar, afspoelwaens,
die see, en die twaalf bees:
en die tafels waar toonbrode le.
-alles net soos U dit wil he;

en die kandelaars
met hul lampe
om volgens voorskrifte brand,
en mense, en komme,
en rookpanne

-alles laat vorm onder Sal’mo’s hand;

en ook dit is(klein, enkele reel)
in die kronieke opgeteken:
dat Dawid die musiek geskryf’t
en hy die instrument’t laat kerf
-en so bid ek, HERE, God van Israel,
die dag as ek sterf- (ek pleit en vra):
U my Kinders die loflied as guns toereken,
hul ewig bewaar van verderf
-want U is God, groot en gena’!

H. Ler. Slabberts, SA, 11 Oct 2008 (8:15) Klerksdorp (bed)

Post Navigation