Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

A South African Poet's Perspective on Life, Religion and the Universe

Maria Huis

Afrikaanse Gedig “Maria Huis” – Deur H Le Roux Slabbert

Deel van die DigBundel Kruisfees 2012

1 Sheila Cussons (vergaan) 71

skryf een van haar mooiste gedigte

oor haar soeke na die huis-van-Maria,

5 en die ‘botterspaan’

om later te ontdek

Maria-se-huid

is eie huis

waarvoor sy staan

*

10 nou ek was

by die regte huis

waar die ou tante kluis –

enaar was: verhewe bo

die Griekse stad

15 wat nie in haar seun

wou glo

(hoe anders verklaar

ons die afgesonderdheid,

die alleen-bly

20 na die afsterf van Johannes

in n twee-vertrek gehuggie –

en was haar Seun, die Stiggie,

dan te ver

om n Engel te stuur

25 om te skryf op die muur:

dat ons steeds onfamilier,

moet raai:

“MA was hier’

Afrikaanse Gedig deur H.LeRoux Slabbert

Ma 26 Dec 2011 (10:00) (Skryftafel)

Klerksdorp

Suid Afrika

Afrikaanse Gedig Maria Huis deur H Le Roux Slabbert

Afrikaanse Gedig Maria Huis deur H Le Roux Slabbert

Single Post Navigation

One thought on “Maria Huis

  1. Pingback: Kruisfees 2011 bundel « Prose to Poetry by Author H Le Roux Slabbert

Leave a comment